IndexGallerySoekRegistreerTeken in
Welkom hier! Registreer en neem deel aan ons debatte en algemene besprekings. Hier klop dit!!!
Daar is 'n Chatbox op die forum. Heel onder op die forum se blad in die deel wat ''Wie is aanlyn'' bevat in is 'n [Join the chat] funksie.
Poll
Soek
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Latest topics
» Grondopname-prosesse en Volkstaat Gedagtes
Wed Apr 17, 2013 12:04 am by Barend Kruger

» Web Blaaie wat Wit Nasionalisme en Boere Eenheid verkondig
Wed Jul 13, 2011 11:46 pm by Barend Kruger

» JACK PARROW EN DIE ANTWOORD
Sun Jan 09, 2011 10:38 pm by ysbreker202

» Twitter hier Twitter daar...
Mon Sep 20, 2010 10:29 pm by Barend Kruger

» Boerevryheid Jeug (BVJ)
Sun Sep 19, 2010 11:48 am by Sanderis

» AWB Forum van lyn af? AWB welkom hier.
Sun Jul 25, 2010 10:41 pm by Barend Kruger

» Die Veiligheids Direktoraat
Sun Jul 25, 2010 10:10 pm by Barend Kruger

» Orania Jeug-toer
Sun Jul 25, 2010 3:55 pm by Sanderis

» Vergadering op vergadering is 'n mors van tyd Tensy...(Jeug Perspektief en Voorstel)
Sat Jul 17, 2010 11:18 pm by Barend Kruger

Navigation
 Portal
 Indeks
 Ledelys
 Profiel
 MAN/FAQ
 Soek
Statistics
Ons het 31 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is Alta

Ons gebruikers het altesaam 183 artikels geplaas in 66 subjects
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 16 op Thu Jul 01, 2010 9:57 pm
February 2017
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728     
CalendarCalendar
Top posters
Barend Kruger
 
Sanderis
 
Admin
 
Johannes
 
Ghost Rider
 
duppie211
 
DJ Crazy
 
ysbreker202
 
delanco
 
Jacks
 
SA Topsites
SA Topsites ::
Hit Map
Locations of visitors to this page

Share | 
 

 Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
Gaan na bladsy : 1, 2  Next
SkrywerBoodskap
Barend Kruger
Moderator
Moderator


Aantal posstukke : 78
Join date : 2009-11-01
Age : 38
Ligging : Johannesburg, Transvaal

PosOnderwerp: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Sun Nov 01, 2009 11:06 am

Dagse Vriende,

Ek hoop ons kan hierdie groep groei en dat die Jeug van Boerevryheid hier baie lekker gaan kuier.

Ek moet vir julle se dat ons nog baie pret gaan hê.

Ons kan hier onsself voorstel of nag se as jy wil.

Ek gaan vir nou eers se, Lekker dag verder, praat later.

Boere Groete,
Barend Kruger.
Terug na bo Go down
http://www.boerevryheidjeug.com
Ghost Rider
Webmeester
Webmeester


Aantal posstukke : 9
Join date : 2009-10-26
Age : 31
Ligging : Crack Land

PosOnderwerp: Hallo Barend!!   Sun Nov 01, 2009 12:22 pm

Welkom op ons Jeug Forum.
Ek dink ons gaan binnekort gons, geniet dit en dankie vir die help van die stigting van BoerevryheidJeug.
Jy weet dat die gedagte al lank begin vorm aanneem het en dit lyk my ons is op en aan die gang.
Nooi mense!!!
Terug na bo Go down
http://www.boerevryheidjeug.com
DJ Crazy



Aantal posstukke : 2
Join date : 2009-11-01

PosOnderwerp: Ek is DJ Crazy   Sun Nov 01, 2009 3:18 pm

Dit is nou 'n oulike site en forum julle sal seker gou bekend raak. is dit net vir mense wat brood bak en kakies dra
Terug na bo Go down
Barend Kruger
Moderator
Moderator


Aantal posstukke : 78
Join date : 2009-11-01
Age : 38
Ligging : Johannesburg, Transvaal

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Sun Nov 01, 2009 9:20 pm

DJ Crazy skryf:
Dit is nou 'n oulike site en forum julle sal seker gou bekend raak. is dit net vir mense wat brood bak en kakies dra

Brood bak en Kakies dra, dit is die eerste keer wat ek van so iets hoor.

Hierdie is 'n forum vir die Jeug. Nooi asseblief vriende uit. Welkom en geniet jou kuier hier.
Terug na bo Go down
http://www.boerevryheidjeug.com
Sanderis
Nuwe Lid
Nuwe Lid


Aantal posstukke : 42
Join date : 2009-11-01
Age : 42
Ligging : Pretoria

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Sun Nov 01, 2009 10:59 pm

Naand , ek probeer nog kyk wat hier aangaan .
Oor die algemeen , watter onderwerpe is welkom en wat nie ?
Terug na bo Go down
http://www.friendfeed.com/Sanderis
Barend Kruger
Moderator
Moderator


Aantal posstukke : 78
Join date : 2009-11-01
Age : 38
Ligging : Johannesburg, Transvaal

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Sun Nov 01, 2009 11:12 pm

Sanderis skryf:
Naand , ek probeer nog kyk wat hier aangaan .
Oor die algemeen , watter onderwerpe is welkom en wat nie ?

Sover is alles seker maar oop. Solank jy jouself weerhou van vieslike taalgebruik, Karakter aanvalle op persone of enige onwettige dade,aksies of gesprekke oor onwettige dinge.

Jy moet net besef dat ons Jeug ook nie daarvan hou om voor gepreek te word nie dus, is niemand hier om die Jeug te trap nie.

Ek dink ons moet dalk 'n I.D. nommer in die forum registrasie proses gebruik sodoende keer ons dat mense bo 35? hulle hier kan kom voorgee as Jeug.

Hoe klink dit? Question
Terug na bo Go down
http://www.boerevryheidjeug.com
Sanderis
Nuwe Lid
Nuwe Lid


Aantal posstukke : 42
Join date : 2009-11-01
Age : 42
Ligging : Pretoria

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Sun Nov 01, 2009 11:24 pm

Barend , jy behoort te weet ek is 'n redelike verantwoordelike persoon , dus sal ek nie die forum misbruik met gepeperde taal ens. nie .
Ek is tans 35 , so wat sê jy nou eintlik vir my ? Dat ek volgende jaar afgeskop moet word ?
As ek op 40 nog doef-doef musiek en Eminem wil luister en myself as jeugdelik wil beskou is dit tog seker my volste goeie reg .
Wie is jy of enige iemand anders om dit te wil ontneem ?
Nee wat , jul is nie daartoe in staat nie .
Terug na bo Go down
http://www.friendfeed.com/Sanderis
DJ Crazy



Aantal posstukke : 2
Join date : 2009-11-01

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Mon Nov 02, 2009 10:28 am

Sanderis skryf:
Barend , jy behoort te weet ek is 'n redelike verantwoordelike persoon , dus sal ek nie die forum misbruik met gepeperde taal ens. nie .
Ek is tans 35 , so wat sê jy nou eintlik vir my ? Dat ek volgende jaar afgeskop moet word ?
As ek op 40 nog doef-doef musiek en Eminem wil luister en myself as jeugdelik wil beskou is dit tog seker my volste goeie reg .
Wie is jy of enige iemand anders om dit te wil ontneem ?
Nee wat , jul is nie daartoe in staat nie .

Sanderis maak 'n punt.
Niemand kan vir iemand anders besluit hoe oud hy moet voel nie.
Jou id is net 'n aanduiding van jare op die aarde. Miskien kan julle 'n groep maak vir die mense wat bo die ouderdom van 35 val. Hulle mag net daar pos. En die Jeug mag net hier pos.
Dit gaan gebeur dat ons almal daar verby gaan en ons wil graag deel van 'n groep bly. Al ons vriende gaan dan hier wees!! Of is daar 'n ander forum waartoe hulle kan gaan as hulle te oud word.
By ons kerk is die jeug almal 35 en jonger. So ons kan ook nie die norm versteur nie.
Terug na bo Go down
Sanderis
Nuwe Lid
Nuwe Lid


Aantal posstukke : 42
Join date : 2009-11-01
Age : 42
Ligging : Pretoria

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Mon Nov 02, 2009 11:17 am

Ek hoor wat jy sê DJC , Barend het 'n punt beet met 35 . Meestal formele strukture ag jeug tot en met 35 .
Ek kan as 'n "toppie" of ou man beskou word , pla my nie . Maar ontneem dit van my die reg om hier te kuier ?
Ek twyfel dit sterk .
Terug na bo Go down
http://www.friendfeed.com/Sanderis
Admin
Admin
Admin


Aantal posstukke : 26
Join date : 2009-10-25

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 4:05 pm

Sanderis jy is net so welkom soos enige ander persoon.

Ons doelwitte is om die jeug 'n lekker en veilige kuier te bied.
Sover dit binne ons vermoëns is sal ons dit so hou.

Ons moedig egter die ouer as 35 persone aan om op Boerevryheid.co.za se forum te kuier.
Dit was duidelik in die verlede dat die jeug en die ouer mense hard koppe stamp. Ons het heelwat oulike mense so verloor. Dit is niemand se skuld nie.
Die lewe is nou maar eenvoudig so dat 'n mens soos jy ouer word jy in ander dinge begin belangstel.
En om die eerlike waarheid te sê glo ek dat enige iets wat 10 jaar na jou speeltyd kom na iets uit die bose lyk. En dit sal so wees vir hierdie generasie ook. Hulle kinders sal hulle nog kopsere gee, maar intussen moet ons die skip op koers hou. Andersins gaan ons 'n groot deel verlore laat gaan agv perspektiewe gebaseer op ervaring en ouderdom.

En wat van toepassing was mbt groepsdruk ens twintig jaar gelede, selfs tien jaar gelede, werk eenvoudig nie meer vandag nie.

Dus vra ons dat indien iemand ouer raak as 35 dat die persoon sal verstaan dat hy nie meer in die groep jeug kan val nie. En dan sal aangaan na Boerevryheid se forum toe.

En ons sal respekteer vir dit wat ons wil bereik.
En ook om nie aan ons voor te skryf wat ons moet doen nie.
Terug na bo Go down
http://boerevryheidjeug.forumotion.net
Sanderis
Nuwe Lid
Nuwe Lid


Aantal posstukke : 42
Join date : 2009-11-01
Age : 42
Ligging : Pretoria

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 5:14 pm

Ek verstaan , geen probleem nie . Dan moet ek seker die beste daarvan maak terwyl ek nog kan onder my regte naam .
Daar is natuurlik vele maniere om dit te omseil , ten minste is ek tans eerlik .
As jy in die forum admin kyk behoort daar 'n funksie wees wat ouderdom beperk , hoe effektief dit is weet ek nie - ek het nog nie kans gehad om dit op proef te stel nie .
Ek is nie hier om te preek of voor te skryf nie , maar hou in gedagte dit is 'n dubbel snykantswaard - ek laat my nie voorskryf deur enige iemand nie .
Ek kan die forum nou verlaat sonder om terug te kyk , dit sal my nie pla nie , inteendeel sal dit my baie tyd en moeite bespaar aangesien ek betrokke is by meer forums as wat ek op altwee hande kan saam tel , by halfte dien ek as admin of moderator .
Ek het nie nodig om my tyd hier te mors nie , maar ek wil hier wees om my deel by te dra .
Van hoeveel ander mense kan u dit sê ?
Terug na bo Go down
http://www.friendfeed.com/Sanderis
Sanderis
Nuwe Lid
Nuwe Lid


Aantal posstukke : 42
Join date : 2009-11-01
Age : 42
Ligging : Pretoria

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 5:53 pm

Weet , dit is eintlik vir my ironies .
Julle gee my gas oor my ouderdom , maar nie eén ! van julle se ouderdomme word aangedui in julle profiele .
Laat ek dit eerder daar laat voor ek verbale diarhee kry en julle bevuil .
Terug na bo Go down
http://www.friendfeed.com/Sanderis
Admin
Admin
Admin


Aantal posstukke : 26
Join date : 2009-10-25

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 6:37 pm

Niemand het jou gas gegee nie.
Dit is 'n algemene vasstelling wat vir almal geld.
Geen persoon is so belangrik dat ons slegs reëls vir hom of haar gaan vasstel nie.
Almal hier behoort mekaar te respekteer en nie die sleg in ander te sien nie.

En jy is reg. Ons kan niemand keer om te lieg nie.
Maar onthou een ding: Jy is wat is wanneer jy alleen is.
So as iemand wil lieg ens staan dit hom vry.
Hy is dan nie veel van 'n man as hy moet lieg om deur die lewe in te gaan waar hy weet daar 'n ander stel reëls geld as wat sy willetjie wil toelaat nie.

Maar ek dink meer van jou as dit, soos wat jy selfs sê, as jy nie daarvan hou nie kan jy op al die ander forums lekker kuier en die kinders los om stout te wees. Twisted Evil
Terug na bo Go down
http://boerevryheidjeug.forumotion.net
Sanderis
Nuwe Lid
Nuwe Lid


Aantal posstukke : 42
Join date : 2009-11-01
Age : 42
Ligging : Pretoria

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 6:54 pm

Admin skryf:

En jy is reg. Ons kan niemand keer om te lieg nie.
Maar onthou een ding: Jy is wat is wanneer jy alleen is.
So as iemand wil lieg ens staan dit hom vry.
Hy is dan nie veel van 'n man as hy moet lieg om deur die lewe in te gaan waar hy weet daar 'n ander stel reëls geld as wat sy willetjie wil toelaat nie.


Ken jy dié gesegde :
"If you can't bet true to yourself , how can you be true to anyone else ?"
Het jy al die ouderdomperk funksie in die Admin probeer ?
Terug na bo Go down
http://www.friendfeed.com/Sanderis
Admin
Admin
Admin


Aantal posstukke : 26
Join date : 2009-10-25

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 7:03 pm

Sanderis skryf:
Admin skryf:

En jy is reg. Ons kan niemand keer om te lieg nie.
Maar onthou een ding: Jy is wat is wanneer jy alleen is.
So as iemand wil lieg ens staan dit hom vry.
Hy is dan nie veel van 'n man as hy moet lieg om deur die lewe in te gaan waar hy weet daar 'n ander stel reëls geld as wat sy willetjie wil toelaat nie.


Ken jy dié gesegde :
"If you can't bet true to yourself , how can you be true to anyone else ?"
Het jy al die ouderdomperk funksie in die Admin probeer ?

Baie goeie gesegde. Ek hou daarvan.
Jy moet dit regtig geniet hier Sanderis. Ons het 'n groot taak om weer trots vir ons kultuur en herkoms te skep. Baie dink ons is teen die grond.
Nie waar nie.

Die ouderdomsperk is nie vasgestel nie.
Terug na bo Go down
http://boerevryheidjeug.forumotion.net
Sanderis
Nuwe Lid
Nuwe Lid


Aantal posstukke : 42
Join date : 2009-11-01
Age : 42
Ligging : Pretoria

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 7:12 pm

Admin skryf:
Ons het 'n groot taak om weer trots vir ons kultuur en herkoms te skep.

Dit is waar my wil (nie willetjie nie <dit klink so bekend>) van staal inkom , nie eers die duiwel homself kan my keer as ek "wil" nie .
Die mense wat my ken behoort dit te weet .
Terug na bo Go down
http://www.friendfeed.com/Sanderis
Admin
Admin
Admin


Aantal posstukke : 26
Join date : 2009-10-25

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 7:54 pm

Ok ons weet nou jy is 'n heavy ou.

Kom ons kuier oor iets wat mense oor wil praat.

Waaraan kan jy dink?
Terug na bo Go down
http://boerevryheidjeug.forumotion.net
Sanderis
Nuwe Lid
Nuwe Lid


Aantal posstukke : 42
Join date : 2009-11-01
Age : 42
Ligging : Pretoria

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 8:06 pm

Jy't nou die wind uit my seile geneem .
Wat van , hoekom is dit so moeilik om die jeug betrokke te kry ? Mis ek iets ?
Terug na bo Go down
http://www.friendfeed.com/Sanderis
Admin
Admin
Admin


Aantal posstukke : 26
Join date : 2009-10-25

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 8:18 pm

Na 5 dae wat die forum op die net is het ons 8 mense.
Miskien moet ons 'n strategie uitwerk hoe om die hele pakket te bemark.
Barend het al Facebook benader.
Terug na bo Go down
http://boerevryheidjeug.forumotion.net
Sanderis
Nuwe Lid
Nuwe Lid


Aantal posstukke : 42
Join date : 2009-11-01
Age : 42
Ligging : Pretoria

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 8:31 pm

Dit is juis deur Barend en Facebook wat ek hier is . Facebook is 'n goeie medium maar nie die enigste nie .
Ek het al opgelet dat mense traag is om van 1 netwerk na 'n ander te gaan bv. vanaf Facebook na hier . Nou wonder ek hoekom ?
Ek meen , elke netwerk het tog sy eie doel , voordele en nadele .
Wat sal die meerderheid beinvloed om so oorgangs stap te neem ?
As daar genoeg lede is , kan saamtrekke gereël word spesifiek vir die jeug .
Die opkomende Afrikaanse musiekfees in Pretoria kan ook vir die doel van bewusmaking aangewend word .
Mxit is nog 'n opsie , maar dit is weer 'n probleem van "1 netwerk na 'n ander ".
Musiek is 'n magtige medium en dit moenie onderskat word nie .
Terug na bo Go down
http://www.friendfeed.com/Sanderis
Admin
Admin
Admin


Aantal posstukke : 26
Join date : 2009-10-25

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 10:08 pm

Baie welkom aan duppie211. Ek hoop van harte dat jy elke oomblik sal geniet.
Terug na bo Go down
http://boerevryheidjeug.forumotion.net
Admin
Admin
Admin


Aantal posstukke : 26
Join date : 2009-10-25

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 10:10 pm

Sanderis skryf:
Dit is juis deur Barend en Facebook wat ek hier is . Facebook is 'n goeie medium maar nie die enigste nie .
Ek het al opgelet dat mense traag is om van 1 netwerk na 'n ander te gaan bv. vanaf Facebook na hier . Nou wonder ek hoekom ?
Ek meen , elke netwerk het tog sy eie doel , voordele en nadele .
Wat sal die meerderheid beinvloed om so oorgangs stap te neem ?
As daar genoeg lede is , kan saamtrekke gereël word spesifiek vir die jeug .
Die opkomende Afrikaanse musiekfees in Pretoria kan ook vir die doel van bewusmaking aangewend word .
Mxit is nog 'n opsie , maar dit is weer 'n probleem van "1 netwerk na 'n ander ".
Musiek is 'n magtige medium en dit moenie onderskat word nie .

Jy maak almal goeie punte.
Ons sal verseker iemand met die nodige kennis en persoonlikheid moet aanwend om werwing onder die jongmense te doen.
Terug na bo Go down
http://boerevryheidjeug.forumotion.net
Johannes
Nuwe Lid
Nuwe Lid


Aantal posstukke : 11
Join date : 2009-11-03
Ligging : Johannesburg

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 10:32 pm

Goeie naand almal.

Ek was in die verlede redelik aktief op boerevryheid.co.za en kan getuig van die diskriminasie teen die jonger geslag daar. Hiermee bedoel ek teen almal onder die ouderdom van 35 deur die ou manne ouer as 50.

Hul dink ons is klomp snuiters wat heeldag metal luister, boom rook en niks van die lewe af weet nie. Wat hul egter vergeet is dat dit nie ons generasie is wat hierdie land in die gemors in gedompel het nie, maar ons sit met die gebakte pere in die vorm van diskriminasie in die werkplek, ons meisies wat uit hul klere uitgekyk word op skool en universiteit, metaalverklikkers by die skole om die messe en pistole uitehou.

As hul dan so wys en slim is, waarom sit ons met hierdie gemors?

Maar nou, ja, hierdie is eintlik 'n bekendstellings draad, so ek dwaal af. Ek is 32, het al baie beleef in my jeugdige ouderdom, en voel meestal nog jonk en perdfris (behalwe Sondae na 'n groot wedstryd op Loftus Smile ).

Ek sien uit na hierdie forum, en ek moet erken...dit voel so vars om hier te kuier dat ek die 'ander forum' glad nie mis nie.

Dankie Barend, en dankie 'Admimistrator' (jy het nie 'n naam by nie).

Groete aan jul almal
Terug na bo Go down
duppie211



Aantal posstukke : 8
Join date : 2009-11-03

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 10:38 pm

Aangename kennis almal. My naam is Marnus du Plessis, en ek swot op pukke in Potch. Gelukkig loop die afrikaner kultuur hier nog sterk. Dit is vir my `n voorreg om deel te wees van `n wereldklas kultuur soos hierdie. Ek hoop om baie vriende hier te maak, en lekker saam te kuier met al my mede-boere. Ek sal ook vir almal op die puk van die BVjeug vertel.
Terug na bo Go down
Sanderis
Nuwe Lid
Nuwe Lid


Aantal posstukke : 42
Join date : 2009-11-01
Age : 42
Ligging : Pretoria

PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   Tue Nov 03, 2009 10:40 pm

Welkom duppie .
Admin (ek ken nie jou naam nie ) , ek is nie lui in dié opsig nie maar ek kan werklikwaar nie aanbied om dit te doen nie , ek het net té veel ysters in die vuur en sukkel reeds om by alles uit te kom .
Ek glo julle behoort 'n geskikte kandidaat te kry , raad kan ek altyd gee en is vrygewig daarmee .
Hiermee groet ek ook sommer vir die aand .
Rustige nag vir almal .
Terug na bo Go down
http://www.friendfeed.com/Sanderis
Sponsored content




PosOnderwerp: Re: Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.   

Terug na bo Go down
 
Groetplek - Stel jou self voor of se Goeie Nag hier.
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 2Gaan na bladsy : 1, 2  Next

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Algemene Besprekings :: Kletskamer-
Spring na: