IndexGallerySoekRegistreerTeken in
Welkom hier! Registreer en neem deel aan ons debatte en algemene besprekings. Hier klop dit!!!
Daar is 'n Chatbox op die forum. Heel onder op die forum se blad in die deel wat ''Wie is aanlyn'' bevat in is 'n [Join the chat] funksie.
Poll
Soek
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Latest topics
» Grondopname-prosesse en Volkstaat Gedagtes
Wed Apr 17, 2013 12:04 am by Barend Kruger

» Web Blaaie wat Wit Nasionalisme en Boere Eenheid verkondig
Wed Jul 13, 2011 11:46 pm by Barend Kruger

» JACK PARROW EN DIE ANTWOORD
Sun Jan 09, 2011 10:38 pm by ysbreker202

» Twitter hier Twitter daar...
Mon Sep 20, 2010 10:29 pm by Barend Kruger

» Boerevryheid Jeug (BVJ)
Sun Sep 19, 2010 11:48 am by Sanderis

» AWB Forum van lyn af? AWB welkom hier.
Sun Jul 25, 2010 10:41 pm by Barend Kruger

» Die Veiligheids Direktoraat
Sun Jul 25, 2010 10:10 pm by Barend Kruger

» Orania Jeug-toer
Sun Jul 25, 2010 3:55 pm by Sanderis

» Vergadering op vergadering is 'n mors van tyd Tensy...(Jeug Perspektief en Voorstel)
Sat Jul 17, 2010 11:18 pm by Barend Kruger

Navigation
 Portal
 Indeks
 Ledelys
 Profiel
 MAN/FAQ
 Soek
Statistics
Ons het 31 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is Alta

Ons gebruikers het altesaam 183 artikels geplaas in 66 subjects
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 16 op Thu Jul 01, 2010 9:57 pm
February 2017
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728     
CalendarCalendar
Top posters
Barend Kruger
 
Sanderis
 
Admin
 
Johannes
 
Ghost Rider
 
duppie211
 
DJ Crazy
 
ysbreker202
 
delanco
 
Jacks
 
SA Topsites
SA Topsites ::
Hit Map
Locations of visitors to this page

Share | 
 

 Grondopname-prosesse en Volkstaat Gedagtes

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
Barend Kruger
Moderator
Moderator


Aantal posstukke : 78
Join date : 2009-11-01
Age : 38
Ligging : Johannesburg, Transvaal

PosOnderwerp: Grondopname-prosesse en Volkstaat Gedagtes   Wed Apr 17, 2013 12:04 am

Dit is alombekend dat die Boerevolk teen hulle wil in die huidige Suid-Afrikaanse eenheidstaat in geforseer is net soos hulle in 'n unie in forseer is na die ABO. Diegene kon egter tot dusver nie daarin slaag om ‘n gekonsentreerde vryheidsveldtog te voer nie, in die lig van meningsverskille oor verskeie aspekte van die vryheidsvraagstuk.

In die ou dae is dinge op volksdemokratiese wyse bygelê, dit is toe die Boerevolk in beheer was en daar voldoende stelsels in plek was om die hele Volk direk te kon betrek d.m.v. verskeie media.

Daar word tans gepraat oor Volkstate en dit gebeur al vir 'n geruime tyd. Wyle Oom Eugene het telkemale Stellaland en Goosen genoem in sy toesprake, baie mense wat Orania tot stand gebring het byvoorbeeld, die het ook sekerlik aan die begin Volkstaat taal gepraat onder mekaar en ‘n meerderheidsbesluit geneem onder hulle, "Afrikaners" (die sake manne wat die geld daarvoor beskikbaar gestel het), wat die naam en die ligging van hulle toekomstige "vrye Republiek" of Volkstaat sou wees en toe word Orania net nog 'n dorp onder die beheer van die (vreemde oorheerser) ANC staat.

Die Sodanige grondgebied waar Orania geleë en gestig is as Dorp vandag is deur verskeie lede van die sogenoemde "Afrikaner" volk self beset, en dit word tans deur hulle bewoon en bewerk; die grootte van Orania is seker in verhouding tans met die getal mense wat in die eerste plek aangedring het op vryheid in ‘n onafhanklike staat daar en dit word stadig maar seker groter en duurder om daarheen te trek.

Nou dit wil voorkom of mense voel dat waar ook al hulle 'n meerderheid kan vorm teenoor ander soos bv. Meer witmense in Pretoria as Swartes, hulle kan aandring op daardie grondgebied as 'n Volkstaat gebied en aansoek kan begin doen op Volkereg beginsels op daardie grondgebied en dat hulle alles volgens die Volkereg kan en mag doen tot alle remedies uitgeput is behalwe burger oorlog (wat seker die laaste moontlike stap kan en sal wees) om daardie Volkstaat te kan laat realiseer in die bepaalde gebied waar die meerderheid van hulle tans woon.

Dit voel vir my asof die Volkstaters vir my probeer wysmaak dat as twee tuin Bandiete in my kar in klim ek moet uitklim en 'n ander kar gaan koop want hulle is nou meer as ek??? Dit stryk nie met my logika as Boer nie. Die kar is myne en die bandiet moet f@kof nie waar nie? Hy het geen onderhandelings reg om vir my te se daardie kar is syne nie, wie wat nog enige stuk grondgebied binne die grense van die ganse Suid Afrika.

So waarom 'n grond opname probeer hou om te bepaal waar die meeste wit mense in die land woon, statistiek sa of die Sensus Buro kan daardie informasie seker baie maklik vir enige iemand gee sou hulle dit wou hê. Ek verstaan wel waarom organisasies so iets vir hulle lede sal wil vra veral as hulle vir 'n Volkstaat probeer beding.

Ek is nie heeltemal teen nog 'n dorpie soos Orania nie, maar daar is wel terme wat Orania nie kan koppel aan hulleself nie. Orania is nie 'n Volkstaat nie, hy het nie afgestig van Suid Afrika af nie en is nie onafhanklik of word selfs as onafhanklik erken nie.

Die ander groot ding is natuurlik wat 'n Volk is en wat hy nie is nie, wat die benaming betref en waarop 'n Volk aanspraak kan maak en waarop individue of 'n mengelmoes van mense, ook genoem Afrikaners (wittes, swartes indiërs, kleurlinge, Liberales en diesulkes) of Suid Afrikaners soos hulle ook deesdae trots na hulle self verwys, aanspraak mag maak binne die landswette siende dat Volkereg net op Volke van toepassing is.

Die ANC is valslik in beheer van die land gebring en is soos al die Politieke organisasies wat aan die stuur van die land gekom het Onwettig en word nie deur die Boerevolk, dit is nou ek en ander mense wat hulle self uitsluitlik Boere en lede van die Boerevolk noem, erken nie.

Die Boerevolk is reeds erken en het nie die ANC se goedkeuring of die van die VN of enige ander instansie verder nodig nie. Ons is as Volk erken d.m.v. wettige dokumente nl.

Die Sandrivier Konvensie van 1852 ;

Die Oranje RivierKonvensie van 1854 ;

Die London Konvensie van 1881 en weer 1884;

Die Vrede van Vereeniging 1902.

Ek wil dit dan ook net op rekord stel as Boer dat ek absoluut gekant is teen 'n Volkstaat. Ek is vir die herstel van die regmatige en soewereine reg en eiendom van my Voorvaders die Boere van die Boerevolk.

Geen instansie praat namens my as hulle beding vir 'n Volkstaat of stukkie grond nie.

U moet asseblief die F.W. de Klerk draad dophou. Ons gaan 'n inisiatief loods teen die leierskap van die ou ontbinde NP om die geldigheid van hulle mandaat te toets vir die 17 Maart 1992 referendum en ek wil dit duidelik stel dat ons (Boerevryheid Jeug) nie hiermee aan Party Politiek gaan deelneem nie maar wel die regsverkeer.

Ons is bedrieg deur dat ons van ons minimale regte wat ons as Boere nog oor gehad het in die ou RSA oor seggenskap oor die beheer van ons land beroof is.

http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?30651-Grondopname-prosesse-en-Volkstaat-Gedagtes

_________________
Samewerking is noodsaaklik oppad na volkseenheid. Die voorwaarde is behoud van beginsel en beleid en ‘n onverbiddelike optrede en verset teen alle pogings om daarvan afstand te doen!

[ Kopiereg voorbehou - Boerevryheidjeug.com © ]
Terug na bo Go down
http://www.boerevryheidjeug.com
 
Grondopname-prosesse en Volkstaat Gedagtes
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Die Konferensie Kamer :: Jeug Aksie Besprekings-
Spring na: