Barend Kruger Moderator


Aantal posstukke : 78 Join date : 2009-11-01 Age : 39 Ligging : Johannesburg, Transvaal
 | Onderwerp: Vure aangeblaas vir rassehaat teen blankes Fri Jan 29, 2010 2:42 pm | |
| Hulle praat alewig van Rassisme maar propageer dit self.. - Aanhaling :
- Vure aangeblaas vir rassehaat teen blankes
Onlangse uitsprake op hoë vlak dui dat rassehaat teen blankes in SA openlik aangeblaas word.
Pas het die Minister van Grondhervorming Gugile Nkwinti, te Vryheid in KZN gesê dat die staat nie meer geld het om vir grondhervorming in die land te betaal nie en dat indien boere nie grond gratis aan swartes oordra nie, “Zimbabwe” in SA gaan gebeur. Te Midrand het die leier van die ANC Jeugliga Julius Malema gesê dat grond kan nie gekoop word nie, omdat wittes dit gesteel het. Nie een van hierdie uitsprake is deur die regering of die ANC gerepudieër nie.
Inmiddels word die Reitz-saga deur swart radikales, liberaliste en kommuniste van alle kleure en die Illuminati doelgerig en met venyn misbruik om haat teen die blanke aan te blaas. Aan die een kant is wat die Reitz 4 aan die skoonmakers gedoen het soos op die video vertoon word - wat nietemin geen fisiese leed behels nie en weinig of geen geestelike letsel. Daarvoor is die 4 geskors, 'n hele koshuis van die kampus afgejaag en word die Afrikaner onophoudelik in die media gekruisig.
Nou probeer die nuwe rektor Jonathan Jansen om versoening te bewerkstellig deur die UV se saak teen die 4 terug te trek en twee van hulle toe te laat om hul grade te kom behaal.
Die reaksie hierop is dat Jansen uit talle oorde verguis word omdat hy durf waag om vergifnis na jong blanke mans uit te reik: Swart studente op kampus betoog en dreig met geweld, die Vrystaatse ANC (met veronderstelde goedkeuring van Premier Magashule) het hom beskuldig van die ergste rassisme en die nasionale kabinet het geeïs dat Jansen sy besluit onmiddellik herroep. Hoeveel van Malema se paaiery tereg gaan kom, moet nog gesien word.
Intussen, op die anderkant van die skaal:
Jacques Moll, eens 'n inwoner van Pres. Reitz-kamerwonings en later 'n suksesvolle boer in die Ficksburg-distrik en 'n pilaar in die Vrystaatse ekonomie en gemeenskap, word koelbloedig in sy plaashuis deur onbekende aanvallers doodgeskiet en wat daarop in Lesotho invlug. Vandag, bykans 18 maande later, nog geen poging om die moordenaars terug te kry, tereg te laat staan en die treurende familie afsluiting te laat kry nie.
Drie mans word in die Vrystaatse Hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis omdat hulle 'n vrou op Naval Hill op die mees barbaarse wyse verkrag het, nog een probeer verkrag het en ander onskuldige mense ernstig aangerand het.
'n Inbreker breek verlede maand goedsmoeds in 'n woonhuis op Kwaggafontein in en doen sy bes om 'n vrou en haar kinders te vermoor, maar sy veg so verbete terug dat albei haar arms gebreek word voordat die geweldenaar vlug.
Drie voorbeelde van talle soortgelyke gevalle.
Oor nie een van hierdie piep die ANC-regering - provinsiaal en nasionaal – of een van die sosialiste, liberaliste en kommuniste 'n geluid nie, of bied die slagoffers enige meegevoel of bystand aan nie.
Hoekom nie?
Omdat in al hierdie gevalle die geweld swart op wit is. Dít maak klaarblyklik nie saak nie.
Hemelskreiende diskriminasie en blatante aanblaas van rassehaat.
Soos Jansen gevra het, hoekom die saak dryf tot 'n situasie van bloedvergieting?
Bron: [You must be registered and logged in to see this link.]_________________ Samewerking is noodsaaklik oppad na volkseenheid. Die voorwaarde is behoud van beginsel en beleid en ‘n onverbiddelike optrede en verset teen alle pogings om daarvan afstand te doen! [ Kopiereg voorbehou - Boerevryheidjeug.com [You must be registered and logged in to see this image.] ] |
|