IndexGallerySoekRegistreerTeken in
Welkom hier! Registreer en neem deel aan ons debatte en algemene besprekings. Hier klop dit!!!
Daar is 'n Chatbox op die forum. Heel onder op die forum se blad in die deel wat ''Wie is aanlyn'' bevat in is 'n [Join the chat] funksie.
Poll
Soek
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Latest topics
» Grondopname-prosesse en Volkstaat Gedagtes
Wed Apr 17, 2013 12:04 am by Barend Kruger

» Web Blaaie wat Wit Nasionalisme en Boere Eenheid verkondig
Wed Jul 13, 2011 11:46 pm by Barend Kruger

» JACK PARROW EN DIE ANTWOORD
Sun Jan 09, 2011 10:38 pm by ysbreker202

» Twitter hier Twitter daar...
Mon Sep 20, 2010 10:29 pm by Barend Kruger

» Boerevryheid Jeug (BVJ)
Sun Sep 19, 2010 11:48 am by Sanderis

» AWB Forum van lyn af? AWB welkom hier.
Sun Jul 25, 2010 10:41 pm by Barend Kruger

» Die Veiligheids Direktoraat
Sun Jul 25, 2010 10:10 pm by Barend Kruger

» Orania Jeug-toer
Sun Jul 25, 2010 3:55 pm by Sanderis

» Vergadering op vergadering is 'n mors van tyd Tensy...(Jeug Perspektief en Voorstel)
Sat Jul 17, 2010 11:18 pm by Barend Kruger

Navigation
 Portal
 Indeks
 Ledelys
 Profiel
 MAN/FAQ
 Soek
Statistics
Ons het 31 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is Alta

Ons gebruikers het altesaam 183 artikels geplaas in 66 subjects
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 0 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 0 Gaste :: 1 Bot

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 16 op Thu Jul 01, 2010 9:57 pm
July 2014
MonTueWedThuFriSatSun
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031   
CalendarCalendar
Top posters
Barend Kruger
 
Sanderis
 
Admin
 
Johannes
 
Ghost Rider
 
duppie211
 
DJ Crazy
 
Quintin
 
delanco
 
Jacks
 
SA Topsites
SA Topsites ::
Hit Map
Locations of visitors to this page
Share | 
 

 Nuus oor geweld en menseregte skendings van die Boerevolk!!

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
Barend Kruger
Moderator
Moderator


Aantal posstukke: 78
Join date: 2009-11-01
Age: 35
Ligging: Johannesburg, Transvaal

PosOnderwerp: Nuus oor geweld en menseregte skendings van die Boerevolk!!   Mon Jan 11, 2010 10:31 pm

Rowers skiet pa wat seun gaan help

2010-01-11

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/68ebb11308e2415ea679fd66ee76c1dc/10-01-2010-10-25/Rowers_skiet_pa_wat_seun_gaan_help



’n Man van 55 jaar is gister in ’n rooftog op die N2-hoofweg naby die Tongaat-tolhek in KwaZulu-Natal doodgeskiet.



Mnr. Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het op ’n noodoproep van sy seun gereageer nadat ’n band van die seun se Golf GTi eergisteraand pap geraak het.



Die seun het sy pa gevra om vir hom ’n domkrag te bring.



Kort nadat die pa en seun die motorband omgeruil het, is hulle deur twee mans genader wat die sleutels van die Golf wou hê, het Wicks vertel.



’n Worsteling het gevolg, waarna ’n skoot afgevuur en die pa noodlottig gewond is.



Man killed in hijacking

2010-01-11

http://www.news24.com/Content/SouthAfrica/News/1059/8129a6541836448696ce0c92b0d02284/10-01-2010-04-25/Man_killed_in_hijacking



Johannesburg - A 55-year-old man was killed during a hijacking incident on the N2 freeway near the Tongaat Toll Plaza in KwaZulu Natal, Netcare 911 said on Sunday.



Spokesperson Jeff Wicks said the man had responded to his son's call for help after his Golf GTI experienced a flat tyre on Saturday night.



The son had called his father to the scene to bring him a jack.



Shortly after the father and son had changed the tyre they were approached by two gunmen who demanded keys to the Golf.



This sparked a scuffle which led to a shot being fired and fatally wounding the father.



Vleishaak-aanval: Ontstelde boere ruk op by hofverskyning

2010-01-11

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/ef6ae0259840479d8107ebdd0f1d1a0f/09-01-2010-01-33/Vleishaak-aanval_Ontstelde_boere_ruk_op_by_hofverskyning



Senekal. – Meer as 100 ontstelde boere het gister by die landdroshof hier opgeruk vir die eerste verskyning van die twee verdagtes wat ná die grusame moord op die Van Zyl-egpaar van die distrik aangekeer is.



“Waar was die pers vandag? Waar was die televisiekameras? As ’n boer ’n plaaswerker vermoor het, was daar vandag ministers ook hier. Plaasmoord is net te gewoon,” het mnr. Fanie Ferreira, voorsitter van die Emdonia-boerevereniging, die algemene gevoel opgesom.



’n Gevoel van verslaentheid heers steeds in die boeregemeenskap, het hy gesê. “Die ouens is kwaad.”



Mnr. Petrus Ndaba (29) en mnr. Pule Jacob Mpanyane (22) staan tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, diefstal van ’n motorvoertuig en veediefstal ná die moord Dinsdagaand op mnr. Koos van Zyl (63) en sy vrou, Retha (66), op hul plaas Poortjie tussen Senekal en Steynrus.



Die twee verdagtes het vlugtig verskyn.



Die verhoor is vir verdere ondersoek tot 1 Februarie uitgestel.



Die verdagtes wil ook om regshulp aansoek doen.



Hulle het nog nie om borgtog aansoek gedoen nie en bly in aanhouding.



Die egpaar is eers wreedaardig met ’n vleishaak aangerand en daarna albei met hul eie haelgeweer in die bors doodgeskiet.



Die een verdagte, wat ’n plaaswerker op die plaas was, is op die dag van die moord afgedank.



Hy is Woensdag in die egpaar se dogter, Marietjie, se voertuig naby Odendaalsrus aangekeer.



Die polisie het dieselfde dag by die ander verdagte op die plaas Driepunt by Steynsrus een van die egpaar se selfone gekry.



Ferreira het gesê die ergste vir hom was om die egpaar se dogters se hartseer te aanskou.



Estie, ’n onderwyseres op Ventersburg, en die jonger dogter, Marietjie, ’n kandidaatprokureur in Bloemfontein, was ook by die hof.



Hul broer, Erik, sou gisteraand van Amerika, waar hy werk, in Johannesburg aanland.



Met sy koms sal die familie die egpaar se begrafnisreëlings kan tref.



Fietsers staan saam ná aanval

2010-01-11

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/28fc7999a86b49b9af4b11d46f0468a3/09-01-2010-01-33/Fietsers_staan_saam_ná_aanval



Fietsryers in Johannesburg en Pretoria wil ná die soveelste aanval ’n speek in die wiel probeer steek van bendes wat hulle aanrand en fietse kaap.



Veral die Northern Farm-natuurreservaat en omgewing in Johannesburg, en Irene en omgewing in Pretoria, loop deur onder booswigte.



In Januarie verlede jaar is mev. Mathilda Barnard (39) bebloed en bewusteloos in ’n veld in dié omgewing langs haar fiets gekry nadat sy in die nek gesteek is.



Nog minstens drie ryers is in die maand na dié voorval op dieselfde roete langs die N1-hoofweg naby die Bothalaan-afrit aangeval en beroof.



In September is vier bergfietsryers in twee afsonderlike voorvalle voor en tydens ’n wedren in Centurion by Pretoria van hul fietse beroof. Dié wedren is in beboste dele van Irene gehou.



“Dit lyk asof dit dieselfde groep mans is wat vir talle van die aanvalle verantwoordelik is,” het mnr. Albie Heigers, ’n bergfietsryer van Centurion, gister aan Beeld gesê.



Hy sterk steeds aan ná ’n voorval sowat ses weke gelede toe drie mans hom in die Irene-omgewing aangeval en van sy fiets beroof het.



“Hoewel ek baie dankbaar is ek lewe, is dit frustrerend dat so iets 11:00 op ’n Saterdag kon gebeur.”



Volgens hom is dit veral kommerwekkend dat daar blykbaar ’n groot mark vir gesteelde bergfietse is. “Dié fietse is spesiaal hiervoor gebou en nie juis geskik om sommer net op te ry nie.



“Indien ’n mens nie spesiale skoene het vir die pedale nie, kan dit baie ongemaklik wees.



“ ’n Ondersoek na wáárheen hierdie fietse gaan as dit gesteel is, sal reeds baie kan help.”



Volgens mnr. Simon Nash, wat dien op die raad van Northern Farm, is daar ’n probleem met fietsdiefstal en aanvalle.



“Ons het ’n motorwag by die parkeerarea en ook mense wat die plaas patrolleer. Tog raai ons mense, en veral vroue, aan om nie op hul eie te ry nie. Vermy ook liefs die Hills and Dales-pad buite die plaas.”



’n E-pos doen tans onder bergfietsryers die ronde waarin hulle moontlike oplossings vir die probleem bespreek.



Volgens Heigers sluit dit in nouer samewerking met plaaslike polisiekantore, sowel as die moontlike hulp van private speurders. “Ons dink ook daaraan om die fietse, net soos motors, toe te rus met ’n opsporingstelsel. Die skuldiges kan dan vasgetrek word én ons sal kan vasstel waarheen die gesteelde fietse gaan.”



‘Metrolede moet hieroor aan pen ry!’

2010-01-11

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/4fd40e2a9d97477aa5f83656a45cf2e7/09-01-2010-01-33/‘Metrolede_moet_hieroor_aan_pen_ry!’



’n Man (56) van Horison in Roodepoort aan die Wes-Rand is die josie in nadat ’n Johannesburgse metropolisiebeampte glo eergistermiddag ’n klapper langs sy motor laat ontplof het.



Mnr. Dave McMahon is vasbeslote om die voorval, toe ene mnr. K.P. Molwantwa glo doodluiters agter hom kom parkeer en toe ’n “hengse cracker” digby sy motorvenster laat afgaan het, nie daar te laat nie.



McMahon was eergister omstreeks 16:00 in sy werkbakkie in ’n oop stuk veld langs Ontdekkers- en Moutonweg.



Hy het op sy vrou, Joey (60), naby ’n bushalte gewag toe drie beamptes in ’n metropolisievoertuig (registrasienommer TZB 042 GP) sowat 2 m tot 3 m agter hom stilgehou het.



“Ek het hulle die hele tyd dopgehou omdat dit nie onwettig was om te parkeer waar ek was nie. In ’n stadium het die een uitgeklim en ek kon hom nie meer sien nie,” het McMahon gister aan Beeld gesê.



Die volgende oomblik “het my hart byna tot stilstand geruk” en moes hy noodgedwonge van die skok na sy asmapompie gryp toe hy ’n harde klapgeluid langs sy motorvenster hoor. “Ek was skoon lam geskrik, man!” het hy vertel.



McMahon het gesê harde woorde het daarna geval tussen hom en Molwantwa, wie se twee kollegas hulle toe eenkant gehou het.



“Ek wou by hom weet hoe kan hulle vuurwerk konfiskeer en dan speel hy met die goed in die openbaar. Wat sou gebeur as ek ’n vuurwapen gehad en geskiet het? Dan was ek die een wat in die moeilikheid was...”



Volgens hom het Molwantwa om verskoning gevra en glo beweer hy was nie bewus McMahon was in die voertuig nie.



“Hulle (die metropolisie) wil hê ons moet hulle respekteer, maar hoe kan ons as hulle self die wet oortree?” wou hy weet.



Insp. Edna Mamonyane, metropolisiewoordvoerder, het die voorval gister ten sterkste afgekeur en as “skokkend en onaanvaarbaar” beskryf. “Ons kan nie toelaat dat beamptes so optree nie. Die saak moet aangemeld en intern ondersoek word,” het sy gesê.



McMahon is gister na adjunkdirekteur Abel Nkosi, hoof van die interne ondersoekeenheid van die stad se metropolisie, verwys om die klag formeel aan te meld.

Skakel 011 758 9100 om klagte teen metropolisielede in Johannesburg aan te meld.



Koeël mis Britse TV-ster net-net in Kaapstad

2010-01-11

http://www.dieburger.com/Content/Wereld/Nuus/1716/67625f4be56542f58e1d770e2d718025/11-01-2010-04-20/Koeël_mis_Britse_TV-ster_net-net_in_Kaapstad



Londen. – Buitelandse vrese oor misdaad in Suid-Afrika is gister verder aangeblaas toe ’n Britse TV-ster onthul het hoe ’n koeël sentimeters by haar verbygevlieg het terwyl sy in die feestyd in ’n taxi in Strandstraat, Kaapstad, gereis het.



Victoria Smurfit (35), bekend vir haar rol in die BBC-reeks Ballykissangel, het in die Irish Mailon Sunday oor haar gesin se noue ontkoming op Oujaarsdag in die Moederstad geskryf. Die aktrise se elmboog is beseer toe die koeël een van die taxi se vensters versplinter het. Haar ma, Caroline, is gehospitaliseer vir hartprobleme.



Smurfit skryf sy kan steeds nie glo hulle was so na aan die dood nie. Volgens haar het die polisie eenvoudig “Ja, dankie” gesê toe hulle die voorval telefonies probeer aanmeld het. Eers dae later is twee beamptes gestuur om verklarings af te neem.



“Blykbaar was die aanval deel van ’n bende-inisiasie. Dit was Vermoor-’n-Toeris-dag, en ons het in die pad gekom.”



Die voorval kon nie gister deur die Wes-Kaapse polisie bevestig word nie.



Saam met Smurfit en haar ma was haar man, mnr. Doug Baxter, haar broer, Dermot, en sy vrou, Charlie. Die koeël het laasgenoemde rakelings gemis toe dit deur die taxi-venster gevlieg het. Die groep was onderweg na ’n Nuwejaarspartytjie ná ’n ete in ’n restaurant in Constantia.



Volgens Smurfit het dit ’n langdurige uitwerking op haar familie gehad – haar broer is nou “obsessief” om gewelddadige misdaad in Suid-Afrika na te vors, terwyl sy self nog by tye huil by die gedagte oor wat kon gebeur het.



Booswigte slaan weer toe op grensplaas

2010-01-11

http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/e969550280d04c4bbd51ed30298cb26c/11-01-2010-01-38/Booswigte_slaan_weer_toe_op_grensplaas



Net drie maande nadat hul baba te vroeg gebore is weens die spanning ná herhaaldelike strooptogte op hul grensplaas, is daar weer deur booswigte van Lesotho op ’n boere-egpaar by Ficksburg se plaashuis toegeslaan.



Mnr. Hennie Vermooten en sy vrou, Elzanie, was die naweek by haar skoonouers op Heidelberg, Gauteng, toe hul huishulp gister op die plaas Avondson oorval en die huis gestroop is.



Hul baba, Pieter, is op 30 Oktober te vroeg gebore nadat hulle meer as R1,3 miljoen se vee binne twee jaar verloor het ná die moord op Pieter se oupa en naamgenoot op dieselfde plaas.



Die beamptes van Vrystaat-Landbou (VL) se landelike veiligheidsplan op Ficksburg en boere het gister blitsig opgetree en uit die kerkdiens geglip om hulle na die plaas te haas.



Mnr. Vermooten het gesê die elektriese heining om die huis is oopgedwing en hul huishulp, mev. Celina Leeuw, is deur vier jong booswigte van Lesotho oorval en met ’n mes gedreig.



’n Windbuks, selfoon, skootrekenaar en sakke vol klere en speelgoed is gesteel.



“Ek is baie dankbaar vir die boere en mnr. Jordaan Marais, die beampte van Ficksburg se landelike veiligheid. Hulle het dadelik die spore gevolg.



“Daar was tot vyf bakkies by die grens. Van hulle het by my ma, Engeli, se huis gewag. Hulle het blitsvinnig gereageer.”



Leeuw het haar seun, Jacob, gebel, wat by die melkery op die plaas werk. Hy het mnr. Vermooten gebel, wat die landelike veiligheidsplan met ’n nood-SMS geaktiveer het.



Boere het hom dadelik gebel, selfs ’n paar wat in die kerk was.



Hy vermoed die rowers het geld gesoek. Hy los die kluis oop om te wys hy het nie vuurwapens of geld op die plaas nie.



Mev. Ilse Smit, koördineerder van landelike veiligheid op Ficksburg, sê Vermooten het sy selfoon-paniekknoppie om 10:00 geaktiveer.



Die reaksiespan het die spore gevolg en boere het die plaas van die Lesotho-grens af afgesper. Twee tasse met klere en twee messe is gekry.



Leeuw het die een mes uitgeken as ’n wapen waarmee sy aangehou is.



Die reaksiespan moes toekyk hoe die verdagtes oor die grens vlug, want nie een het magtiging gehad om die grens oor te steek nie.



Sy sê danksy die nood-SMS was boere dadelik bewus van wat gebeur het. Die toneel is vinnig bereik en afgesper. Só is verseker dat 90% van die gesteelde goedere teruggevind is.



Smit sê die veiligheidsplan is suksesvol as almal saamwerk. Die landelike veiligheidsplan werk danksy die boere, General Motors Suid-Afrika, wat ’n bakkie vir die veiligheidbeamptes borg, en Excel Ficksburg wat die diesel verskaf.



Armed robbers hit Willows Resort

2010/01/11

http://www.theherald.co.za/article.aspx?id=517424



THREE armed men robbed the Willows Resort in Marine Drive, Port Elizabeth, of an undisclosed amount of money yesterday.



Police spokesman Inspector Precious Timla said a security guard at the gate was confronted by three men armed with 9mm guns at about lunchtime.



“The men pointed firearms at the unarmed security guard demanding the entrance fee money. He was forced to hand over all the cash.”



She said the robbers escaped in an unidentified get-away vehicle hidden close by.



No shots were fired. A case of armed robbery is being investigated.

_________________
Samewerking is noodsaaklik oppad na volkseenheid. Die voorwaarde is behoud van beginsel en beleid en ‘n onverbiddelike optrede en verset teen alle pogings om daarvan afstand te doen!

[ Kopiereg voorbehou - Boerevryheidjeug.com © ]
Terug na bo Go down
http://www.boerevryheidjeug.com
Barend Kruger
Moderator
Moderator


Aantal posstukke: 78
Join date: 2009-11-01
Age: 35
Ligging: Johannesburg, Transvaal

PosOnderwerp: Re: Nuus oor geweld en menseregte skendings van die Boerevolk!!   Tue Jan 19, 2010 8:35 pm

Man voor sy tweeling vermoor

2010-01-19

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/649fbfe798bc4416b0e649ac2b7f2b59/18-01-2010-11-01/Man_voor_sy_2-ling_vermoor



Drie gewapende rowers het ’n tienjarige tweeling van Midrand met vuurwapens teen die kop aangehou en toe hul pa voor hul oë doodgeskiet.



Mnr. Kobus Snyman (42) is in die hart geskiet. Sy ouer dogter, Lenika (16), en sy vrou, Leenette (38), het ook gesien hoe hy geskiet word.



Die rowers het Snyman se skoonma en skoonsuster, mev. Shirley (57) en me. Debbie van der Vyver (34), en ’n vriendin, me. Eureke Kriel, ook aangehou.



Die vroue en kinders het Vrydag omstreeks 22:30 op die stoep van Snyman se huis in Allanweg in Glen Austin gesit en kuier toe die rowers toeslaan.



Snyman was in die sitkamer waar hy voor die TV aan die slaap geraak het.



“Drie mans in blou baadjies het aangeloop gekom. Ek het nog gedink dit is die polisie, maar toe sit een sy vinger op sy lip en wys ons moet stilbly,” het me. Van der Vyver gister vertel.



“Hulle het seker oor die heining gespring, want die hekke was gesluit. Hulle het hul vuurwapens teen die tweeling se koppe gedruk. Ons het almal begin skreeu.”



Dis toe dat Lenika haarself byna bo-oor die tweeling gooi en hulle in haar arms toevou om hulle te probeer beskerm.



“Ek het hulle (die rowers) in die oë gekyk en gesê: ‘Nee!’ Toe skreeu ek: ‘Dad’!” het sy vertel.



Snyman het wakker geword. “Maar nog voordat hy die deur (dis ’n glasdeur) kon oopmaak – sy hand was op die handvatsel – het die een rower hom geskiet,” het me. Van der Vyver gesê.



Snyman het nogtans na die slaapkamer begin hardloop om vermoedelik sy pistool te gaan haal, maar het op die trappe dood neergeval.



Die rowers het ’n skootrekenaar en selfone gevat “voordat hulle doodkalm weggestap het”, het me. Van der Vyver gesê.



Volgens haar het haar swaer “soos ’n engel” gesing en was hy lid van die Centurion-kamerkoor.



Volgens mev. Van der Vyver het sy die gesigsuitdrukking van die man wat haar skoonseun geskiet het, gesien “en ek kon sien dit is nie die eerste keer dat hy moor nie”.



“Ek wil hê die minister van polisie moet my kom sê wat hy gaan doen. Gaan die regering vir die kinders sorg?” wou sy weet.



Snyman se vrou is getraumatiseer en toon volgens haar ma in dié stadium geen emosie nie.



“Dit is asof Leenette in ’n slegte droom is.”



Mnr. Kevin MacInnest (44), ’n familievriend wat eerste op die toneel was, het gesê dit is skrikwekkend dat Suid-Afrikaners ná 15 jaar van demokrasie in vrees leef. “Niemand van ons is bullet proof nie. Kobus was nie ’n bedreiging vir hulle nie.



“Hy was ’n groot, sagte teddiebeer van 110?kg. Hy het elke dag met ’n ‘Shanana’-glimlag (’n breë glimlag) begroet,” het MacInnest gesê.



Die familie het gister die Anderson-groep, ’n maatskappy waar Snyman onlangs begin werk het, en vriende en familie van so ver as Australië bedank vir hul ondersteuning en gebede.



Snyman laat ook ’n seun, Tyron Snyman (14), agter.



Insp. Mmakgomo Semono, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie die moord en gewapende rooftog ondersoek.



Dad shot in front of family

2010-01-19

http://www.news24.com/Content/SouthAfrica/News/1059/f945e50182b842f397455b2c75d6519b/19-01-2010-08-33/Dad_shot_in_front_of_family



Pretoria - Three armed robbers held firearms to the heads of ten-year-old twins from Midrand, before shooting their father in front of them.



Kobus Snyman, 42, was shot in the heart. His older daughter, Lenika, 16, and his wife Leenette, 38, also watched him being shot.



The robbers also held up Snyman's mother-in-law, Shirley, 57, sister-in-law Debbie van der Vyver, 34, and a friend, Eureke Kriel.



The women and children were chatting on Friday at about 22:30 on the stoep of the Allan way house when the robbers struck.



Snyman was in the sitting room where he had fallen asleep in front of the TV.



"Three men in blue jackets came walking towards me. I at first thought it was the police, but then one put his finger to his lips to show we must be quiet," said Van der Vyver on Monday.



"They must have jumped over the fence because the gates were locked. They held their firearms to the twins' heads. We all started screaming."



That's when Lenika threw herself almost over the twins and held them in her arms to try to protect them.



"I looked at them [the robbers] straight in the eyes and said: 'No!' Then I screamed: 'Dad!'" she said.



Snyman woke up. But before he could open the door [a glass door] - his hand was on the door handle - one of the robbers shot him, said Van der Vyver.



In spite of the wound, Snyman started running to the bedroom, presumably to fetch his pistol, but collapsed dead on the stairs.



The robbers took a laptop and cellphones "before they calmly walked away", said Van der Vyver.



According to her, Kobus sang "like an angel" and was a member of the Centurion chamber choir.



According to Shirley, Snyman's mother-in-law, she saw the expression on the face of the man who shot her son-in-law "and I could tell it wasn't his first murder".



"I want the minister of police to come to me and tell me what he's going to do. Will the government take care of the children?" she wanted to know.



Snyman's wife is severely traumatised and at this stage, according to her mother, shows no emotion at all.



"It's like Leenette is trapped in a bad dream."



Kevin MacInnest, 44, a friend of the family who was first at the scene, said it's terrifying that South Africans still live in fear after 15 years of democracy. "None of us are bulletproof. Kobus wasn't a threat to them.



"He was a big, soft 110kg teddy bear. He started every day with a 'Shanana' smile [a broad smile]," said MacInnest.



On Monday the family thanked the Anderson group, a company where Snyman had recently started working, as well as friends and family from as far afield as Australia for their support and prayers.



Snyman is also survived by a son, Tyron Snyman, 14.



Mmakgomo Semono, police spokesperson, confirmed that the police are investigating a charge of murder and armed robbery.



Woman driver allegedly beaten by cop

January 19 2010

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=vn20100119041842585C178787



A Camperdown woman fleeing a man she believed might be a hijacker drove to a police station for safety. But instead of finding refuge, she was assaulted by her pursuer, who turned out to be a traffic officer, while police stood by and did nothing.



To add insult to injury, the woman was then arrested by Camperdown police.



Farmer PJ Ward said his wife, Jude, was driving in the fast lane along the N3 from Pietermaritzburg when a man in a white unmarked twin-cab bakkie tried to pass her. As she tried to move from the fast lane, the man placed a blue light on the bakkie's roof and chased after her.



'He choked her and banged her head on the ground'



Suspecting a hijack attempt, Ward said, his wife decided to drive to the Camperdown police station because she thought she would be safe there.



"My wife could not move immediately from the fast lane, so the man in the bakkie put up his blue light and pressed behind her. After she moved, the man wagged his finger at her. She decided to stop at a nearby police station for safety."



However, said Ward, instead of receiving the protection she sought, his wife was assaulted in front of police officers.



"When she got off her car, the man, who was wearing a brown traffic officer's uniform, attacked her by grabbing her neck and pushing her into the ground. He jumped on top of her and grabbed her bag. All of this happened in front of police officers, who just watched."



He said the man, believed to be a member of the Road Traffic Inspectorate's public transport enforcement unit, told his wife, while on top of her, that she should look at his uniform and obey his orders. He said the man weighed about 120kg and was in his thirties.



"He choked her and banged her head on the ground. These officers are supposed to protect the public, but instead they use their positions to show that they have power and should be feared," said Ward.



He said his wife was traumatised by the assault and even more shocked when she later ended up behind bars for not obeying an officer's orders, while the traffic officer went unpunished.



"What is wrong with the law enforcers in this country? My wife was only trying to find a safe place to stop so that she could talk to this man; instead, she was attacked."



Ward said his wife was checked by a doctor for internal injuries. She was released on a warning to appear in the Camperdown Magistrate's Court today.



"Jude had bruises to her neck and arms, and was bloodied as well," he said.



"For 30 years I loved this country with all my heart, but now all I want to do is leave. I am tired of living in fear, not only of criminals, but of police brutality as well," he said, adding he was determined to return to Ireland.



He said he would contact the Irish embassy to report the matter and seek its assistance in leaving the country.



Ward said his wife had been involved in a similar incident with local police last year, but they had decided not to report the matter for fear of being victimised.



"Now we will not keep quiet, and since we have made this incident known, many people have come forward with similar horrific experiences involving the people who are supposed to protect us."



Police Superintendent Vincent Mdunge said a case had been opened against the traffic officer and the matter would be investigated.



He added that the police officers who had failed to assist Mrs Ward would face an internal disciplinary hearing for negligence.



Road Traffic Inspectorate spokesman Rajen Chinaboo said he did not have all the details of yesterday's incident at hand, but he said that motorists should not stop for people travelling in unmarked vehicles.



He said the inspectorate did not condone the actions attributed to the officer.



Optog teen plaasgeweld beplan

19/01/2010

http://www.landbou.com/node/48952



Om teen plaasgeweld te betoog reël die TLU SA Noord se Jongboerkomitee ‘n optog wat op 6 Februarie in Pretoria sal plaasvind. Die optog begin om 09:30 by die LC de Villiers sportveld in Hatfield, Pretoria, af.



Dit eindig by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se hoofkantoor op die hoek van Pretorius- en Paul Krugerstraat, waar ‘n manifes oorhandig sal word. Mnr. Dries Joubert, TLU SA Noord se hoof van kommunikasie, sê plaasaanvalle en –moorde is besig om die intensiteit van ‘n konvensionele oorlog aan te neem.



“Sedert 2004 is 2 500 boere reeds vermoor. Die georganiseerde landbou oorkom baie uitdagings suksesvol, stabiliseer die plattelandse ekonomie en skep werk. Misdaad is egter die een aspek wat die volhoubaarheid van landbou ondermyn.”



In die manifes wat oorhandig gaan word, spreek TLU SA Noord sy kommer uit oor die vernietiging van die kommando-stelsel sonder dat ‘n werkbare struktuur in sy plek daargestel is.



In die manifes word vier eise gestel:



• Die Presidensie moet erken dat die Polisie nie in staat is om die brutale aanvalle en moorde op kommersiële boere te voorkom nie.

• Dat die gebruik van ‘n roterende groen lig aan die TLU SA se plaaswagstelsel aanvaar sal word.

• Dat die Regering fondse sal voorsien vir ‘n konferensie wat sal fokus op plaasaanvalle en –moorde in ‘n poging om oplossings te vind. Die ondertekenaars van die manifes beoog om die konferensie te reël.

• Dat plaasaanvalle en –moorde as apart in die Polisie se misdaadstatistiek vermeld moet word.



E.TV ordered to tell whereabouts of thugs

January 19 2010

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=vn20100119042501599C227948



Two e.News journalists have been served with subpoenas in terms of Section 205 of the Criminal Procedure Act after a story which featured interviews with two self-confessed criminals.



One of the criminals stated in the story by Mpho Lakaje - which aired on Friday - that he would rob tourists during the World Cup.



Another said that he would be prepared to shoot his way out of a stand-off with police if he felt his life was in danger.



According to the free-to-air television station, this was in response to a question as to what he thought of the police's new tougher approach to fighting crime.



Another said that he would be prepared to shoot his way out of a stand-off with police



The footage had both self-confessed criminals' identities hidden - one with a stocking pulled over his head and the other filmed loading a firearm - and contained comments that they intended to commit armed robberies and murder during the football showpiece in June and July.



Melissa Fredericks, e.tv's publicist, said state prosecutors required e.News's group news editor, Ben Said, and reporter Lakaje to appear in court on January 25 unless they provide the following:



The identity (names and surnames), addresses and contact details of the persons interviewed.



Full particulars of who brought the firearms visible during the programme to the interview, who possessed the firearms during the interview and what happened to the firearms after the interview was completed.



The original and unedited footage of the interview.



Fredericks said the matter was with e.News's attorneys.



Police Minister Nathi Mthethwa has accused the station of "reckless harbouring of criminals".



Mthethwa said the men would face charges of contravening the Intimidation Act for their comments which could carry sentences of up to 25 years.



Mthethwa also said e.tv's "repeated airing of this footage constitutes gratuitous sensationalism, promotes unlawfulness and creates a climate of fear and hysteria".



Onderhoud met twee misdadigers het e.tv in sop

2010-01-19

http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/6ff905646987446a9e7c2ad4cac6795a/19-01-2010-05-18/Onderhoud_met_twee_misdadigers_het_etv_in_sop





Kaapstad. – Die nuusredakteur en ’n joernalis van e.tv is gedagvaar om op 25 Januarie in die die Johannesburgse landdroshof te verskyn in verband met ’n onderhoud wat met twee selferkende misdadigers gevoer is.



’n Onderhoud wat Mpho Lakaje met die misdadigers gevoer het, is Vrydag op e.tv uitgesaai.



Een van die misdadigers het in die onderhoud gesê hy gaan toeriste tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi beroof, terwyl die ander gesê het hy is bereid om los te brand op die polisie indien hy enigsins sou voel dat sy lewe in gevaar is.



Volgens me. Melissa Fredericks, e.tv se reklame-agent, is Lakaje en Ben Said, e.tv se nuusredakteur, gedagvaar om in die hof te verskyn tensy hulle die identiteite, adresse en kontakbesonderhede van die twee mans bekend maak.



“Hulle moet ook alle inligting verskaf oor vuurwapens wat tydens die onderhoud sigbaar was en wat ná die onderhoud met die vuurwapens gebeur het,” het Fredericks gesê.



Die oorspronklike, ongeredigeerde beeldmateriaal van die onderhoud moet ook aan die hof oorhandig word.

World Cup organisers slam vest advert - Video

January 19 2010

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=6&click_id=4&art_id=nw20100118222042747C993345



Johannesburg - World Cup organisers on Monday denounced a company advertising anti-stab vests for fans at the June soccer tournament in South Africa, accusing them of trying to make money from scare tactics.



The British company's website (www.protektorvest.com) advertises anti-stab vests for $69.95 and says they can be decorated with customised slogans or team colours. As part of its pitch, it quotes crime statistics on South Africa, which has one of the world's highest rates of violent offences.



Local World Cup organising committee spokesperson Rich Mkhondo condemned the vests as an "abominable money making ploy using fear tactics".

'The marketing of stab vests is a joke'



Mkhondo said in a statement: "Sport fans visiting South Africa have never needed stab vests. They will not and will never need them during the World Cup... The marketing of stab vests is a joke."



The phone number on the website does not work and comment was not immediately available from the company, which is registered with an address in Merton, south-west London.



South African and World Cup officials are sensitive about suggestions that violent crime will mar the soccer spectacular, the world's most watched sports event, which is expected to attract 450 000 foreign fans.



South Africa has one of the world's highest rates of violent crime, with around 50 murders a day, but police say fans will be well protected by more than 40 000 police.



Protektorvest is marketing stab proof vests as the best "personal protection clothing for the World Cup".



The website adds: "Our PROTEKTORVEST offers effective protection from potential attacks from blades, knives, bottles and broken glass and turns your stab vest into a special and exclusive fan article."



It offers to deliver the vests directly to a fan's hotel in Johannesburg or Pretoria next June.



Police were on Monday hunting two men who made threats on a local television programme to kill and rob fans at the World Cup.



Kry mes-hemde vir 2010

2010-01-19

http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/69b6b85432a34129ba6951fe320d7bbd/19-01-2010-05-18/Kry_mes-hemde_vir_2010



Die plaaslike reëlingskomitee van die Wêreldbeker-sokkertoernooi het gister uitgevaar teen die jongste foefie vir bang sokkertoeriste – ’n mesvaste baadjie.



Mnr. Rich Mkhondo, kommunikasiehoof, het die bemarking van die baadjie bestempel as ’n “afskuwelike plan wat bangmaakpraatjies gebruik om geld te maak”.



“Sportaanhangers wat Suid-Afrika besoek, het nog nooit messteekbaadjies nodig gehad nie. Hulle gaan dit ook nie gedurende die Wêreldbeker-toernooi nodig hê nie,” het hy gesê.



’n Britse maatskappy verkoop die spesiale pantserbaadjies om sokkeraanhangers gedurende die Wêreldbekertoernooi teen messteke te beveilig. Protektorvest.com in Londen se baadjies bied glo beskerming teen aanvalle met messe en ander skerp voorwerpe. Dit is nie koeëlvas nie.



Aanhangers kan self hul baadjies ontwerp met hul sokkerspanne se vlae of hul eie slagspreuke wat voor en agter opgesit kan word. ’n Baadjie kos $69,95 (sowat R517) en die vlae kos ’n ekstra $2 (sowat R15) elk.



Op die webwerf Protektorvest.com word die baadjies geadverteer as die “Nommer 1 persoonlike beskerming vir die Wêreldbeker in Suid-Afrika”.



Mnr. Sascha Cutura, medestigter van Protektorvest.com, het per e-pos gesê hy het baie negatiewe stories oor Suid-Afrika gehoor van vriende in Johannesburg en ook dié soort stories in die media gelees. “Misdaad kom wêreldwyd voor. Sekere gebiede is gevaarliker as ander en ons moedig persoonlike beskerming aan.



“Ons sien dit as persoonlike mediese versekering wat nie beteken jy is reeds siek nie, maar wat jou sal beskerm indien iets wel gebeur,” het hy gesê.



Cutura wou nie uitbrei oor hoeveel mense belangstel in die baadjies nie, maar het gesê hulle het “baie” bestellings uit veral Amerika, Nederland, Brittanje, Duitsland en Australië gekry.

Mnr. Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, het hom vroeër sterk uitgespreek oor berigte in die plaaslike en internasionale media dat die veiligheidsmaatreëls vir die Wêreldbeker-toernooi in die gedrang is.



Dit volg ná ’n aanval op Togo se sokkerspan kort nadat hulle in Angola aangekom het vir die Afrikabeker-toernooi. Twee mense is dood en agt gewond. Die gewapende vleuel van die Front vir die Bevryding van die Enklave van Cabinda het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

_________________
Samewerking is noodsaaklik oppad na volkseenheid. Die voorwaarde is behoud van beginsel en beleid en ‘n onverbiddelike optrede en verset teen alle pogings om daarvan afstand te doen!

[ Kopiereg voorbehou - Boerevryheidjeug.com © ]
Terug na bo Go down
http://www.boerevryheidjeug.com
Barend Kruger
Moderator
Moderator


Aantal posstukke: 78
Join date: 2009-11-01
Age: 35
Ligging: Johannesburg, Transvaal

PosOnderwerp: Vandag se Nuus   Fri Jan 29, 2010 7:59 pm

Man erg aangerand ná kaping by winkels

2010-01-29

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/038e7513a474424fbe31cef739fa290c/28-01-2010-01-15/Man_erg_aangerand_ná_kaping_by_winkels_

Polokwane (Pietersburg). – ’n Sakeman van die stad is erg aangerand en vir dood agtergelaat ná ’n kaping by ’n winkelsentrum, het ’n vriend van hom gister gesê.

Die oor van mnr. Thys Diedericks (52), eienaar van Limpopo Tractors, is halfpad afgeskeur, sy skedel is gekraak en hy het verskeie breuke en snye opgedoen, het mnr. Stefan Myburgh, ’n vriend en kollega, gesê.

Vier gewapende mans het Diedericks eergisteraand om 19:15 by die Savannah Mall oorval. Hulle het hom agterin sy Isuzu-dubbelkajuitbakkie gegooi en in die rigting van Mankweng gery.

Langs die pad het hulle stilgehou, Diedericks die bosse in gesleep en hom geslaan totdat hy bewusteloos geraak het. Daarna het hulle met sy bakkie, drie selfone, bankkaarte en kontant weggery.

Een van die kapers het gister in die vroeë oggendure R3000 met Diedericks se bankkaart by ’n kitsbank in Mankweng getrek.

Gisteroggend vroeg het Diedericks bygekom en na die pad toe gekruip waar ’n minibus-taxi hom opgelaai en na die Mankweng- provinsiale hospitaal geneem het. Hy is na die Limpopo-Medi-Clinic oorgeplaas.

Insp. Lesiba Ramoshaba, polisiewoordvoerder, het gesê die saak is nog nie aangemeld nie.

Myburgh het egter gesê Diedericks is as vermis aangemeld en ’n saak is gister aanhangig gemaak. Klagte van kaping, aanranding en roof is ook ingedien.

Niemand is nog gearresteer nie en die voertuig, met die registrasienommer BPY056L, is steeds soek.

Vierde vrou in maand in haar huis in Pta aangeval

2010-01-29

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/45549c8a32684e47a860819301aac45f/28-01-2010-10-28/Vierde_vrou_in_maand_in_haar_huis_in_Pta_aangeval

’n Vierde vrou in Pretoria is die afgelope maand deur huisrowers in haar huis oorval.

In drie van die voorvalle is die vroue wreed vermoor.

Tydens die laaste voorval gisteroggend omstreeks 03:00 het rowers ’n 30-jarige vrou van Strubenkop in haar bed oorval en vasgebind.

Dir. André Wiese, stasiebevelvoerder van die Brooklyn-polisiekantoor, het gesê die rowers het nie die vrou seergemaak nie en net met ’n kluis gevlug.

Dié aanval kom sowat twee dae nadat mev. Elsa Blignaut (83) dood in haar bed in haar huis in Nieuw Muckleneuk gevind is nadat sy met haar nagklere verwurg is.

Blignaut was al sowat ’n dag lank dood toe familielede en vriende op haar lyk afgekom het.

Mev. Ria van den Bergh (65) is vroeër vandeesmaand in haar huis in Hermanstad in Pretoria oorval en doodgeslaan. Van den Bergh se moord is slegs ’n paar dae ná die moord op mev. Kitty Botha (83) van Lyttelton, Centurion, wat in haar huis oorval, vasgebind, gewurg en doodgeslaan is voordat haar huis aan die brand gesteek is.

Mnr. Henri Boshoff van die Instituut vir Sekerheidstudie, het gister gesê dit is nog te vroeg om te sê ’n tendens is besig om te ontstaan, maar dat daar beslis rede tot kommer is oor mense, veral bejaardes, wat alleen bly.

Hy het ook verwys na kol. (afgetree) Piet Swemmer (89), wat in November verlede jaar in sy huis in Waterkloofrif, in die ooste van Pretoria, met ’n hamer doodgeslaan is. Swemmer het alleen in sy huis gebly.

Volgens Boshoff is veral bejaarde vroue wat alleen bly ’n sagte teiken omdat hulle nie altyd sekerheidsbewus is of die nodige gesofistikeerde veiligheidsmaatreëls het nie.

“Die grootste bekommernis is mense wat alleen bly en dit is skokkend hoe baie bly alleen in groot huise,” het Boshoff gesê.

“Kommunikasie met dié mense is die grootste uitdaging.

“Familielede en bure moet op ’n daaglikse basis met hulle kontak maak, want in baie gevalle word hul lyke eers ’n dag ná die moord gevind.”

Volgens kapt. Colette Weilbach van die Brooklyn-polisiekantoor kan sy ’n kursus oor veiligheidsmaatreëls en ’n selfverdedigingskursus vir bejaardes aanbied as kerke hulle bymekaar kan kry. Skakel Weilbach by 0722865610.


‘Polisielede’ roof, skok boer en sy gesin


2010-01-29

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/c8952aa23d084b44b56fab84c3d2a3c7/28-01-2010-11-37/‘Polisielede’_roof,_skok_boer_en_sy_gesin

Swaar gewapende mans in polisie-uniforms het ’n boer en sy gesin vandeesweek op ’n plaas in die Mokopane (Potgietersrus)- distrik vasgebind en herhaaldelik met skokstokke geskok.

Die agt aanvallers het ook plastieksakke oor die koppe van mnr. Okkie Malherbe (63) en sy vrou, Emmerentia (53), van die Olerm-boerdery op die plaas Doelen getrek. Malherbe se kleindogter, Kaycee (5), was histeries tydens die aanval.

Malherbe se seun, WD (34), het gesê die aanval het sowat twee uur geduur, “maar dit het soos ’n ewigheid gevoel. Daar was moord op hul gesigte”.

Malherbe jr. het gesê hy het Dinsdag by sy pa en stiefma gaan eet. Net ná 19:00 het ’n Isuzu-bakkie en ’n Toyota Corolla met ’n blou lig op die dak voor die plaashuis stilgehou.

Drie van die agt mans het polisie-uniforms aangehad. Die res was in “netjiese klere, soos speurders dra”.

“Ons het gedink dit is die polisie en toe het ek die deur oopgemaak. Hulle het semi-outomatiese masjiengewere op my gerig.”

Volgens Malherbe jr. het die aanvallers gesê hulle is van Gauteng se polisie en ondersoek onwettige vuurwapens. Sy pa het identifikasie gevra en die mans het “’n stuk papier en kaartjies vinnig rondgeswaai”.

“Ons kon sien dit is nie polisiekaartjies nie en het gesê ons gaan die Mokopane-polisie bel. Dit is toe dat hulle hul klapmusse opsit.”


Hulle het geld en kluissleutels gevra. Die aanvallers het Malherbe jr., sy pa en stiefma en ook sy suster, Zia, en haar dogtertjie, Kaycee, se hande vasgebind.

“Ek is aangesê om op die bank te lê met my gesig na onder. Ons mag niks gesê het nie en kort-kort voel jy ’n wapen teen jou kop.”

Malherbe jr. het gesê die aanvallers het hulle, maar darem nie Kaycee nie, verskeie kere met skokstokke geskok.

Die aanvallers het Malherbe sr. na ’n nabygeleë gebou gevat waaruit die familie die onderneming Limpopo Meat Packers bedryf. Hy het die kluissleutels aan hulle gegee. Hulle het sy skoene uitgetrek en ’n plastieksak oor sy kop getrek. Hulle het glo R120?000 gebuit.

Die aanvallers het hom terug huis toe gedwing en hom en sy vrou na hul kamer gevat.

’n Plastieksak is ook oor mev. Malherbe se gesig getrek.



“Hulle is gewurg. Dit het gevoel of ek wil mal word toe ek dit hoor, maar ek kan niks doen nie,” het Malherbe jr. gesê.



Werknemers van die Malherbes wat in ’n woonstel naby die hoofhuis woon, het onraad vermoed en ’n alarm geaktiveer.



“Toe die alarm afgaan, toe slaan hulle op die vlug. Hulle het my bakkie gevat, maar dit later op ’n plaaspad gelos. My pa en stiefma se selfone is ook gesteel.



“Ons voel uitgelewer, wat moet ’n mens doen as mense met polisie-uniforms en ’n blou lig by jou stop? Hoe moet jy weet wie jy kan vertrou?”



Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ’n spesiale taakspan is aangestel om na die aanvallers te soek.



Fake cops torture farmer, family

2010-01-29

http://www.news24.com/Content/SouthAfrica/News/1059/5a8b33ff15dc4a4bb98dc76c507f6a6a/29-01-2010-08-23/Fake_cops_torture_farmer,_family_



Pretoria – Heavily-armed men in police uniforms tied up a Mokopane (Potgietersrus) farmer and his family and repeatedly shocked them with stun guns on a farm this week.



The eight attackers also pulled plastic bags over the heads of Okkie Malherbe, 63, and his wife Emmerentia, 53, from the Olem agricultural concern on the farm Doelen. Malherbe's granddaughter, Kaycee, 5, was hysterical during the attack.



Malherbe's son, WD, 34, said the attack lasted about two hours, "but it felt like forever. There was murder in their faces."



WD said he had come for supper on Tuesday evening at his father and stepmother's. Shortly after 19:00, an Isuzu bakkie and a Toyota Corolla with a blue light on the roof, had stopped in front of the farmhouse.



Three of the eight men were wearing police uniforms. The rest were "neatly clothed, like detectives".



"We thought it was the police and then I opened the door. They pointed semi-automatic machine guns at me."



WD said the attackers told them they were police officers from Gauteng and were investigating illegal firearms.



His father asked to see identification and the men quickly waved about "a piece of paper and cards".



"We could see these weren't police IDs and said we were going to call the police. They then pulled on their Balaclavas."



They asked for money and keys to the safe. The attackers tied up WD, his father and stepmother and also tied the hands of his sister, Zia, and her daughter Kaycee.



"They told me to lie on my face on the sofa. We weren't allowed to speak and every now and then felt a firearm against the head."

WD said the attackers shocked them, but not Kaycee, several times with stun guns.



The men took his father to a nearby building from where the family ran the Limpopo Meat Packers business. He gave them the keys to the safe. They took his shoes and pulled a plastic bag over his head. They took R120 000.



They attackers forced him back to the house and took him and his wife to their bedroom.



A plastic bag was also pulled over his wife's head.



"They were choked. I felt like I was going crazy when I heard that but I couldn't do anything," said their son."



Employees of the Malherbes who stayed in a flat near the main house, suspected something was wrong and activated an alarm.



"They fled when the alarm went off. They took my bakkie, but later left it on a farm road. My father and stepmother's cellphones were also stolen. We feel vulnerable, what should you do if people with police uniforms and a blue light stop near you? How should you know who you can trust?"



Provincial police spokesperson superintendent Ronel Otto said a special task team had been appointed to look for the attackers.



Second cash robbery in Linton Grange

2010/01/29

http://www.theherald.co.za/article.aspx?id=525060



IN the second incident in the same area within two days, a woman aged 48 was robbed of R60000 in cash on her way from a bank in Linton Grange yesterday.



Police spokesman Inspector Alwyn Labans said the woman had gone to the bank to draw money to pay her workers.



“On her way back from the bank, she was approached by two armed men, who demanded the money.”



In the previous incident, a man was robbed of an undisclosed sum of cash after he had drawn it at a bank in Linton Grange on Tuesday.



Labans said the man, in his early 50s, had gone to the bank to withdraw money.



Then he went to wait for someone at a church about a kilometre away. He had the money in a brown envelope.



“Two men approached him. One pointed a firearm at him and demanded the envelope.”



Vermeende kaper gee oor nadat Rex hom ‘oorreed’

2010-01-29

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/bb506a218c614a04bea916b6e4e75b2b/29-01-2010-12-44/Vermeende_kaper_gee_oor_nadat_Rex_hom_‘oorreed’



Rex, ’n polisiehond van die Pretoria-honde-eenheid, het ’n vermeende vragmotorkaper laat besluit om homself dadelik aan die polisie oor te gee nadat dié rottweiler hom beetgekry het.



Dié verdagte, wat glo gisteroggend ’n vragmotor met ’n vrag chroom ter waarde van R2,5 miljoen aan die Oos-Rand gekaap het, het die veld ingehardloop nadat die polisie hom van die pad af gedwing het.



Supt. Benjamin Ganas, bevelvoerder van die Pretoria-honde-eenheid, het gister gesê die polisie het inligting ontvang van ’n kapingsindikaat wat in aan die Oos-Rand werksaam is.



Nadat die man glo die vragmotor gekaap het, het hy op die N1-hoofweg in die rigting van Polokwane (Pietersburg) gery waar hy die vragmotor en buit glo aan iemand sou oorhandig.



Sers. Michael Rautenbach van die Pretoria-honde-eenheid het die vragmotor naby die Zambezi-afrit op die N1-hoofweg in Pretoria opgemerk nadat hulle ’n sein van die opsporingstelsel in die vragmotor gekry het.



Rautenbach het die Pretoria-blitspatrollie se hulp ingeroep. Saam het hulle die vragmotor gevolg en dit naby die Hammanskraal-afrit van die pad gedwing.



“Die bestuurder van die vragmotor het uitgeklim en gemaak asof hy na die polisielede toe loop voordat hy die veld ingehardloop het,” het Ganas gesê.



“Die polisielede het nie geweet of die verdagte gewapen is of nie en het die hond losgemaak om die verdagte vas te trek.”



Rautenbach het die verdagte gewaarsku om stil te staan, maar dié het aanhou hardloop.



Hy het Rex losgelaat wat die man sowat 20 m verder die veld in beetgekry het.



Die verdagte het homself dadelik aan die polisie oorgegee waarna hy gearresteer is.



Volgens Ganas het die polisie en Rex se optrede vermoedelik ’n misdaad voorkom, aangesien hulle inligting gekry het dat nóg ’n vragmotor gisteraand aan die Oos-Rand gekaap sou word.



My police are ready for World Cup, says Cele

January 29 2010

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=nw20100128222622545C781351



Elements in Germany, Britain, France and The Netherlands are seeking to take the Fifa World Cup from South Africa, National Police Commissioner Bheki Cele claimed on Thursday.



"There is trouble brewing... There is a belief that 2010 must be taken away from South Africa," he said in Johannesburg.



Evidence of this was people in Germany saying World Cup visitors should wear bullet-proof vests. He said there were people who told Fifa their countries were ready to host the tournament if South Africa failed. It was ironic that security concerns were not raised when European fans and cricket teams travelled to the country for the England and South Africa tour.



"Lufthansa [which operates flights between Germany and South Africa] flies here every day," he said.



Cele said police had budgeted R640-million for operations to be carried out during the World Cup. Equipment worth R608-million was purchased.



"When it comes to 2010, I sleep like a baby... If June 11 would come tomorrow, we would be ready."



Cop held after charges by man who ‘paid bribe’

2010/01/29

http://www.theherald.co.za/article.aspx?id=525050



A PORT Elizabeth police inspector was arrested after the man from whom he allegedly accepted a bribe laid charges of fraud and corruption.



Inspector Gradwell Mitchell, 37, of Bethelsdorp, who is stationed at Walmer police station, arrested Werner Ingham for drunk driving in the Walmer area on January 22.



Police spokesman Captain Sandra Janse van Rensburg said that as the policeman was taking Ingham to the cells, he allegedly asked for money to “make the case go away” and also offered to take him home.



The police member and the accused allegedly went to an ATM close by where Ingham drew R2000 and paid the policeman.



“He then took him home without any arrest having been made.”



Van Rensburg said Mitchell then went to the station and allegedly made false entries in the Walmer police station’s occurrence book.



Ingham came back to the station last Saturday to lay charges of corruption and fraud against Mitchell.



Mitchell was arrested on Wednesday and detained at Walmer police station. He appeared briefly in the Port Elizabeth Magistrate’s Court and was granted R5000 bail on condition that he did not come close to the station while the case was still pending.



Van Rensburg said Mitchell would remain in custody until his bail money had been paid. He would appear in court again on February 17. She said the police would not tolerate members who were involved in corruption, and would act against them.



Sakeman hou metro-werkers ‘as gyselaar’ oor rekening

2010-01-29

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/ba13326b3d664fa29edd46149c3a9658/29-01-2010-12-44/Sakeman_hou_metro-werkers_‘as_gyselaar’_oor_rekening



’n Omgekrapte sakeman van Irene, Centurion, het vier werkers van die Tshwane-metroraad gister sowat ’n uur lank “as gyselaar” gehou nadat sy onderneming se krag afgesny is, al is die rekening betaal.



Mnr. Willie Grobler (49), eienaar van die Echo 4x4-sentrum, het die werkers vasparkeer toe hulle die kragtoevoer kom herstel het. “Hulle het lekker geskrik, maar ek het hulle nie een keer gedreig nie,” het hy gesê.



Grobler het die werkers beveel om hul werkgewer te bel om uit te kom en te kom verduidelik hoekom sy krag afgesny is nadat hy sy lopende rekening van R39 000 voor die sperdatum betaal het. Hy het self ook met die werkgewer gepraat en aan hom gesê hy wil die R3 000 wat hy ’n dag en ’n half lank aan diesel vir sy kragopwekker bestee het, terughê.



“Ek het aan hom gesê ek wil nie ’n tjek hê nie, want ek weet hulle is bankrot en dat die tjek kan hop. Ek wil kontant hê.”



Die werkgewer het plegtig beloof om te kom, maar nooit opgedaag nie.



Die vier werknemers het die metropolisie intussen ontbied. Binne oomblikke het drie metropolisievoertuie met sowat 12 metropolisielede daar opgedaag.



“Die metropolisie het gesê as ek die ouens nie dadelik laat gaan nie, gaan hulle my toesluit. Toe laat gaan ek hulle maar.”



Een van die metropolisielede het aan Grobler gesê: “Ag, meneer, bly maar stil. Ons sit almal met dieselfde probleem.”



Grobler se kragfrustrasie kom al ’n lang pad. “Verlede jaar het ons vier weke lank sonder krag gesit...



“Toe kom ek gister (eergister) hier net om te sien hulle het my krag in die vroeë oggendure kom afsny. Ek moes daarna twee uur lank in ’n tou staan net om aan hulle te verduidelik dat daar mense is wat vir hulle werk wat nie kan lees dat my rekening betaal is nie.”



Grobler het gesê dit is omdat mense stilbly dat die raad “ons soos slawe behandel”. “Hulle swaai hul sterte vir ons terwyl hulle in hul blink motors ry. Ek gaan oor na plan B...Al moet ek my aan hul deure gaan vasketting totdat hulle na my luister. Laat hulle weer my krag afsny...” het hy gewaarsku.



Mnr. Console Tleane, woordvoerder van Tshwane-gemeenskapsveiligheid, het gesê optrede soos dié van Grobler sal nie geduld word nie.



Shock as paramedics nabbed for copper theft

2010/01/29

http://www.theherald.co.za/article.aspx?id=524840



THE Mpumalanga department of health is shocked and disappointed at today’s (January 28) arrest of two of its paramedics, who allegedly stashed R57000 worth of stolen copper cables in an ambulance.



The copper cable was allegedly stolen from a Syferfontein mine near Secunda, with the help of other copper cable thieves in the early hours of this morning.



“We have since discovered that these officials, stationed at Leandra Ambulance station, were on duty at the time of commission of the crime and had left the station responding to a genuine call but never returned,” said the department’s spokesman Mpho Gabashane in a statement.



According to police, the two officials in their 40s, allegedly stopped near a fence at the mine and loaded the copper cable inside the emergency vehicle.



They then drove off with the lights flashing as if they were ferrying a patient in need of medical attention.



Police acting on a tip-off stopped the ambulance about 1km from the scene and found it filled to the brim with copper cables, said police spokesman Leonard Hlathi.



“There was no space left to even accommodate a toddler. Some copper cables were even stashed under the beds. Clinical utensils that are used to treat patients were in contact with the copper cables,” he said.



Health MEC Dikeledi Mahlangu called it a barbaric act.



Mahlangu said while this case might be isolated, it had the potential to undermine people’s confidence in the department’s ambulance service.



She had instructed that swift action be taken immediately against the employees.



Probe after 2010 plane ticket cost shock

January 29 2010

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=vn20100129042145835C738012



The Competition Commission has called on air travellers to assist it in its investigation into major airlines for allegedly colluding on airfare prices for the World Cup.



The commission announced its decision to launch the investigation yesterday after SAA put through a leniency application in December in which it said it would co-operate with the commission in its investigation, provided it was excluded from prosecution.



South African Tourism Services Association chief executive Michael Tatalias said he would be watching the process with keen interest. "This is a great concern for the tourism industry.



SAA, British Airways, Comair, 1Time, SA Airlink, Mango and SA Express

"It sends a good message to the world that we will not tolerate this behaviour and we want be an economically viable destination."



The airlines being investigated are SAA, British Airways, Comair, 1Time, SA Airlink, Mango and SA Express.



Some of the airlines are charging upward of three times the high season rate for tickets during the World Cup period in June and July.



Tatalias said a reasonable rate would be to charge slightly over the high season rate, but the price could still be acceptable at double the rate if there was high demand. "But charging more than double and triple is unacceptable," he said.



Commissioner Shan Ramburuth said the World Cup provided South African business with a good opportunity to showcase the country's international competitiveness. "But it is also possible that some firms might want to exploit the situation by engaging in anti-competitive conduct. The commission is obliged to investigate all legitimate complaints in such instances," he said.



Tatalias said the association had been worried about "price gorging" which would discourage tourists from travelling to South Africa and instead watch the tournament at home on television. "The whole point was to get 500 000 foreigners into South Africa and make them brand ambassadors.



"They would go home and sell South Africa. We want the tourists here and we don't want them feeling ripped off," he said.



The commission said the Office of the President had also asked it in November to examine concerns that airlines planned to hike their air fares during the tournament. It said SAA had provided it with e-mail correspondence between the airlines which indicated they might adjust airfares ahead of the World Cup. The commission said it would refer the case to the Competition Tribunal for a hearing and request a penalty if the airlines were found guilty of having colluded to adopt similar pricing strategies.



SAA confirmed it was in discussion with the commission about an application for leniency. "We submitted a leniency application in December last year to the Competition Commission after having received correspondence related to pricing during the World Cup period," spokesman Vimla Maistry said.



"SAA undertook to fully co-operate with the commission in exchange for leniency from prosecution under the Competition Act."



SA Airlink chief executive Rodger Foster said the airline was committed to complying with the provisions of the Competition Act. "We fully intend to determine our own pricing strategies for flights that will take place during the World Cup, and we will do that without any form of co-ordination with our competitors," he said.



SA Express insisted it was "not party" to the alleged collusion. "The airline has been involved in discussions, under the auspices of the Department of Transport, regarding capacity requirements for 2010," said spokeswoman for the airline, Dileseng Koetle.



"This was to simply ensure adequate fleet planning," she added.



What you'll pay



In a spot survey of the various airlines concerned, SAA was by far the most expensive for a return flight departing from Joburg on June 16 to Cape Town and returning on June 19.



For a family of four, it would cost R29 120 to fly with SAA; R18 392 for them to fly with 1Time; and the cost would be slightly less at R17 352 with Kulula. Mango showed no seats available to book on line for June 19, but travel the next day would bring the total cost to R14 690.72.



‘Boere maak SA soos Haïti’

2010-01-29

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/6a4f295cedb345308da9e7938c8a415e/29-01-2010-12-44/‘Boere_maak_SA_soos_Haïti’



Kaapstad. – Baie van die mense wat hulle nou in plakkerskampe bevind, is daar omdat “baie boere miljoene swart mense” van hul plase afgejaag het.



So het mnr. Tokyo Sexwale, minister van huisvesting, gister aan die parlementêre komitee oor dié portefeulje gesê.



Hy het gesê Suid-Afrika beleef elke dag die menslike ramp wat die aardbewinggeteisterde Haïti deurmaak, en dan het die “aarde nog nie eens hier geskud nie”.



“Ons (in Suid-Afrika) hanteer daagliks ’n mensgemaakte ramp,” het Sexwale gesê met verwysing na die meer as 2 600 informele nedersettings wat regoor die land opgeskiet het (teenoor 300 in 1994).



“Dit is elke dag Haïti hier. Die aarde het daar geskud. Hier het die aarde nie geskeur nie, maar die gevolge is dieselfde. Ons mense is vlugtelinge in hul eie land. Dit ís ’n ramp.”



Sexwale het beklemtoon dat die regering nie hiervoor geblameer kan word nie. “Daar is stoot- en trek-faktore, goed soos werkloosheid, skole, familie en dienslewering wat meebring dat mense eerder in die stede naby geleenthede wil bly as in die landelike gebiede. Hulle wil wegkom van hul omstandighede.”



Sexwale, wat ’n wynplaas in Franschhoek het, het ook ’n klap na boere gemik. “Toe die regering aangedui het dat hy sekerheid van verblyfreg aan plaaswerkers wou gee, toe verjaag baie boere miljoene swart mense van hul grond af. Dié is daardie mense. Waar moes hulle gaan woon?”



Hy het ook nie gehuiwer om die groot mynmagnate ’n dwarsklap te gee oor die instelling van uitsluitlik manlike hostels nie. “Apartheid het nooit gesê hulle moet dié strukture oprig nie,” het Sexwale, wat ook die stigter was van die Mvelaphanda-groep wat mynbelange het, gesê.



Hy het onlangs op besoek aan ’n town ship op ’n groep kinders afgekom wat tussen die rommel kondome soos ballonne opgeblaas het. “Daar is elke denkbare siekte.”



Sexwale het gesê op die laaste kabinetslekgotla het die nuwe administrasie besluit om al die burokrasie uit die weg te ruim sodat ministers moet saamwerk.



“Grond is oor die verskillende departemente versprei. Die kabinet wil nou ’n oorkoepelende benadering volg sodat ek nie van deur tot deur moet gaan aanklop vir grond nie,” het hy gesê.



Ondersoek na been in dam strek nou wyer

2010-01-29

http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/80ee5b965b634f9295dd6dbaa97d113e/29-01-2010-05-59/Ondersoek_na_been_in_dam_strek_nou_wyer

WELKOM. – Die polisie se ondersoek na die netjies geamputeerde onderbeen en voet wat op 15 Januarie hier in die pompstasiedam van Harmony se nr. 1-goudaanleg gekry is, strek nou verder om glo ook die verdwyning van ’n bejaarde Welkomse man in te sluit.

Volksblad het op 8 Januarie berig oor die spoorlose verdwyning van mnr. Jeff Erasmus (66) ’n week vroeër, en dat die moontlikheid van misdaad nie uitgesluit is nie.

Erasmus se hondjie is ná drie dae deur die bure uit die huis gered nadat die polisie diefwering voor een van die vensters weggebuig het.

Hy is die oggend van 29 Desember laas deur sy buurman, mnr. Nico Maritz, in die tuin van sy huis by Buffalo-straat 12, St. Helena, gesien.

Teen 31 Desember het Maritz onraad gemerk en die polisie is ontbied.

Volgens die huurders wat die motorhuis en buitekamer bewoon, was die huis uiters netjies gelaat.

Net ’n deken van Erasmus se bed word vermis.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het op 15 Januarie toe die onderbeen in die dam gekry is, gesê alle moontlikhede word ondersoek, onder meer ook ’n verbintenis met die onlangse onwettige storting van mediese afval in en om Welkom.

Met Volksblad se besoek gister aan die pompdam en pan agter die Excalibur-skietbaan, waar talle polisieduikers besig was om die water te fynkam, is die koerant se verlaggewer deur die polisie se ondersoekbeamptes verbied om foto’s te neem en gevra om die toneel te verlaat.

Me. Puleng Motsoeneng, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê tans word alle moontlike leidrade opgevolg en alles wat by die dam gekry word, word vir forensiese ontleding weggestuur.

Sy kon nie Volksblad se vrae oor spesifieke inligting waaroor die koerant beskik, beantwoord nie.

_________________
Samewerking is noodsaaklik oppad na volkseenheid. Die voorwaarde is behoud van beginsel en beleid en ‘n onverbiddelike optrede en verset teen alle pogings om daarvan afstand te doen!

[ Kopiereg voorbehou - Boerevryheidjeug.com © ]
Terug na bo Go down
http://www.boerevryheidjeug.com
 

Nuus oor geweld en menseregte skendings van die Boerevolk!!

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 ::  :: -